×
Skakel na Engels

Heerlike macaroni-en-kaas

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 250 g macaroni
  • 10 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 4 skywe ham, gekap
  • 1 blik Nestlé Ideal Low Fat Evaporated Milk
  • 125 ml water
  • 30 ml mielieblom
  • 250 ml gerasperde cheddar
  • sout en peper
  • 2 tamaties, gesny

Resep Aanwysings

    1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die ui by en braai vir 2 minute tot sag en goudkleurig.
    2. Voeg die ham by en braai vir nog 2 minute. Meng die ingedampte melk, water en mielieblom in ’n bak en voeg by die inhoud van die pan. Bring tot kookpunt, roer, en voeg die helfte van die kaas by sodra dit verdik het. Roer totdat die kaas gesmelt het.
    3. Voeg die pasta by en meng goed. Geur na smaak. Skep dit in individuele opdienbakkies. Strooi die res van die kaas oor en rangskik die tamatieskywe bo-op.
    4. Plaas onder ’n warm rooster en bak tot goudbruin.
    5. Sit onmiddellik met ’n mengelslaai voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief