×
Skakel na Engels

Harissapasta

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Harissapasta

Resep Bestanddele

  • 100 g droë, heel brandrissies, sade verwyder
  • ¼ t komynsaad
  • ¼ t koljandersaad
  • ½ t karwysaad
  • 1 t droë kruisementblare
  • 3 e olyfolie
  • 1½ t sout
  • 5 knoffelhuisies
  • sap van 1 suurlemoen

Resep Aanwysings

    1. Plaas die rissies in ’n bak en bedek met kookwater. Laat dit staan totdat dit sag is.
    2. Verhit die komyn-, koljander- en karwysaad in ’n pan tot geurig. Gooi als in ’n meul, voeg die kruisement by en maal tot fyn poeier. Sit eenkant.
    3. Dreineer die rissies en gooi in ’n voedselverwerker. Voeg die gemaalde speserye en kruisement, olie, knoffel en suurlemoensap by en pols tot baie glad.
    4. Giet die pasta in ’n gesteriliseerde fles en rond dit af met olyfolie. Hou dit bedek met olyfolie soos jy dit gebruik. Dit sal tot 4 weke lank hou.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief