×
Skakel na Engels

Halloumi-en-eiervrugslaai

  • 25 min
  • 25 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE SLAAISOUS

  • 3 e olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 t tahini
  • sout en varsgemaalde swartpeper
VIR DIE SLAAI
  • 150 g bulgurkoring
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 300 ml groente-aftreksel
  • 1 eiervrug, in ronde 5 mm-skywe gesny
  • 2 e olyfolie
  • 400 g halloumi, in 1 cm-snye gesny
  • ’n klein bossie vars kruisement, blare afgestroop en gekap
  • ’n groot hand vol vars pietersielie, grofgekap
  • 1 komkommer, pitte verwyder en fyngekap
  • 2 tamaties, pitte verwyder en fyngekap
  • 1 blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 100 g granaatpitte

Resep Aanwysings

    Bereidingstyd 25 minute Gaarmaaktyd sowat 25 minute Genoeg vir 6

    1. Klits die slaaisousbestanddele met ’n bietjie geurmiddels saam in ’n bakkie.
    2. Bring die bulgur, ui en aftreksel in ’n groot kastrol tot kookpunt. Verlaag die hitte en bedek. Laat vir 10 tot 12 minute prut tot gaar en totdat die aftreksel geabsorbeer is. Sprei dit op ’n groot opdienbord uit om af te koel.
    3. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Verf die eiervrugskywe met die meeste van die olyfolie en braai ’n paar op ’n slag vir sowat 2 tot 3 minute per kant, of tot sag en met roostermerke. Plaas eenkant.
    4. Verf die orige olie oor die halloumi en rooster vir 1ó tot 2 minute per kant in die pan. (Moet dit nie omdraai voordat dit maklik van die pan loskom nie.) Plaas eenkant.
    5. Roer die kruie, komkommer, tamaties, kekerertjies, granaatpitte en die meeste van die slaaisous deur die bulgurmengsel. Skep die halloumi en eiervrug bo-op en bedruip met die orige slaaisous.

    ELKE PORSIE Sowat 2 050 kJ, 21 g proteïen, 29 g vet (12 g versadig), 33 g koolhidrate  (6 g totale suiker), 6 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief