×
Skakel na Engels

Groenrissie-kaasburger

  • 10 min
  • 15 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Groenrissie-kaasburger

Resep Bestanddele

  • 1/2 t knoffelpoeier
  • 1/2 t uiepoeier
  • 800 g maer beesmaalvleis
  • 6 skywe cheddarkaas
  • 1/4 k ingelegde jalapeño’s, gekap
  • 6 hamburgerrolletjies, middeldeur gesny en gerooster

Resep Aanwysings

    1. Verhit die rooster op mediumhoog.
    2. Meng die knoffel- en uiepoeier, 1/2 t sout en 1/4 t peper in ’n klein bakkie. Plaas die maalvleis in ’n groot bak en vorm 6 patties (10 cm breed). Besprinkel albei kante met die soutmengsel.
    3. Rooster die patties vir 3 minute; draai dit om. Plaas ’n skyf kaas op elkeen. Rooster vir sowat 3 minute of tot so gaar soos verkies en totdat die kaas gesmelt het. Skep 2 e jalapeño’s op elkeen. Sit op die rolletjies voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 2 450 kJ, 35 g proteïen, 47 g koolhidrate, 26 g vet (13 g versadig), 4 g vesel, 1 005 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief