×
Skakel na Engels

Geroosterde varktjops met mangosalsa

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 middelslag-mielies
  • 4 dun varklendetjops (sowat 140 g elk)
  • 1 e olyfolie
  • 1 t rissiepoeier
  • ¼ t sout
  • ¼ t peper
  • 2 blikkies swartbone
  • 1 ryp mango
  • lemmetjiewiggies

Resep Aanwysings

    1. Rooster 2 middelslag-mielies, afgeskil, vir 8 minute of tot liggies geskroei en draai dit af en toe. Sny die pitte van die stronk af. Bedek 4 dun, ontbeende varklendetjops (sowat 140 g elk) elkeen met ’n vel kleefplastiek en kap dit met ’n vleishamer of ’n deegroller tot 0,5 cm dik.
    2. Verf die vleis oraloor met 1 e olyfolie en besprinkel met 1 t rissiepoeier en ¼ t sout. Rooster die vleis oor mediumhoë hitte vir 2 minute per kant. Meng 2 blikkies swartbone, afgespoel en gedreineer; 1 ryp mango, geskil en gekap; die mieliepitte; en ¼ t elk sout en peper.
    3. Sit die tjops bo-op die salsa saam met lemmetjiewiggies voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 010 kJ, 38 g proteïen, 53 g koolhidrate, 16 g vet (4 g versadig), 13 g vesel, 870 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief