×
Skakel na Engels

Geroosterde Jerk-hoender

  • 15 min
  • 90 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 sprietuie, in skyfies gesny
  • 3 knoffelhuisies
  • 2 jalapeñorissies, opgesny
  • ¼ k kanola-olie
  • 3 e vars lemmetjiesap
  • 3 e sojasous
  • 2 e bruinsuiker
  • ½ t fyn wonderpeper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 heel hoenders (sowat 2 kg elk)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n groot gerande bakplaat met foelie uit; plaas ’n roosterrak bo-op die foelie. Zirts die sprietuie, knoffel, rissies, olie, lemmetjiesap, sojasous, bruinsuiker, wonderpeper, 1 t sout en ½ t swartpeper in ’n vermenger of voedselverwerker tot glad.

    2. Plaas die hoenders op die rak en maak elkeen se vel versigtig met jou hande van die vleis af los. Skep van die uiemengsel in die hoenders se holtes en ook onder die vel in. Vryf die orige mengsel oor die buitekant van die hoenders. Haak die vlerkies agter die bors in en bind die boudjies met kombuistou vas. Rooster vir 1 uur. Verlaag die oondtemperatuur na 190 °C. Rooster vir nog 15 minute of totdat die hoender gaar is. Sit een hoender voor en hou die ander een vir later.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 500 kJ, 60 g proteïen, 5 g koolhidrate, 36 g vet (9 g versadig), 395 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief