×
Skakel na Engels

Geroosterde forel met ratatouille

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Geroosterde forel met ratatouille

Resep Bestanddele

  • 2 e olyfolie, plus ekstra om te bedruip
  • 1 groot eiervrug, in 1 cm-blokkies gesny
  • 1 rooi-ui, grofgekap
  • 1 elk rooi en geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • water
  • 1 murgpampoentjie, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 e droë gemengde kruie
  • 200 g kersietamaties
  • 1 t rooiwynasyn of suurlemoensap
  • ’n groot hand vol basilieblare, geskeur
  • 4 forelfilette, met die vel aan
  • sout en varsgemaalde swartpeper
   

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot, diep kleefvrye pan en braai die eiervrug vir 5 minute totdat dit begin sag word. Roer af en toe. Voeg die uie, soetrissies en ’n skeut water by en roerbraai totdat al die groente byna deurgaar is.
    2. Voeg die murgpampoentjie, knoffel, kruie en tamaties by en laat prut totdat die murgpampoentjie sag is en die tamaties begin bars. Roer die asyn of suurlemoensap en basilie by en proe vir smaak. Verwyder van die hitte.
    3. Stel die rooster op matige hitte. Gebruik ’n klein, skerp messie om ’n paar snye in die vel van die visfilette te maak en geur dit. Plaas die filette met die vel na bo op ’n kleefvrye bakplaat en rooster vir 3 tot 5 minute of totdat die vel blasies maak en goudbruin is en die vis vlok as jy ’n vurk daarin druk. Sit die forel saam met die ratatouille voor en bedruip alles met ekstra olyfolie.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 100 kJ, 13 g vet (2 g versadigde vet), 11 g koolhidrate (0 g totale suiker), 26 g proteïen, 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief