×
Skakel na Engels

Gerookte Spaanse mossels

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Gerookte Spaanse mossels

Resep Bestanddele

  • 2 kg vars mossels
  • 2 t olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 rooi soetrissies, saadjies verwyder en fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ t gerookte paprika
  • ’n knippie saffraan
  • 500 ml visaftreksel
  • ’n groot hand vol pietersielieblare, gekap

Resep Aanwysings

    1. Sorteer die mossels volgens die wenk hier onder. Maak dit onder lopende water skoon, verwyder enige eendmossels of baardstringe met ’n gewone mes.
    2. Verhit die olie oor medium hitte in ’n groot pot (met ’n styfpassende deksel). Braai die uie en soetrissies vir 10 minute tot sag, voeg dan die knoffel, paprika en saffraan by en braai vir ’n verdere minuut. Roer die visaftreksel en die helfte van die pietersielie by en bring tot kookpunt.
    3. Gooi die gesorteerde en skoongemaakte mossels in die pot. Bedek en laat prut vir 5 minute of totdat die mossels heeltemal oopgemaak het. Skud dit af en toe. (Gooi enige mossels weg wat nie oopgemaak het nie!) Verdeel tussen vier bakkies, strooi die oorblywende pietersielie oor en sit dadelik saam met brood voor indien verkies.
    4. WENK: Bedek vars mossels ligweg met klam kombuispapier en hou dit in ’n oop sak in die yskas. (Moet dit nie vir lang tye in water dompel nie.) Plaas dit in ’n vergiettes en maak dit onder lopende water skoon. Maak seker die mossels leef nog – die skulpe behoort styf toe te wees. (Of kap dit andersins hard op ’n werksoppervlak.) Gooi enige mossels weg wat nie ná 30 sekondes toegegaan het nie of wat gebreekte skulpe het.
    ELKE PORSIE: Sowat 810 kJ, 5 g vet (1 g versadigde vet), 13 g koolhidrate (7 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief