×
Skakel na Engels

Geglaseerde vleisbrood

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 k kits-hawermout
  • ½ k vetvrye melk
  • 1 middelslag-ui (170 g tot 225 g), fyngekap
  • sout en peper
  • 1 groot rooi soetrissie (225 g tot 280 g), fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 t sojasous met ’n lae natriuminhoud
  • ¼ k plus 2 e tamatiesous
  • 450 g maer beesmaalvleis
  • 450 g gemaalde hoenderborsies
  • 3 middelslag-wortels, gerasper
  • 2 e Engelse mosterd

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met foelie uit; spuit liggies met kleefwerende kossproei. Meng die hawermout en melk saam in ’n middelslagbak.
    2. Spuit die bodem van ’n pot van 30 cm met kleefwerende kossproei en verhit op medium. Voeg die uie en ’n knippie sout by; braai vir 2 tot 4 minute of tot sag, roer af en toe. Voeg die soetrissie en knoffel by, braai vir 4 tot 6 minute of tot sag, roer dikwels. Skep uit in ’n middelslagbak en verkoel dit in die yskas.
    3. Klop die sojasous en ¼ koppie tamatiesous intussen saam in ’n bakkie.
    4. Meng die vleis, hoender, wortels, hawermoutmengsel, groentemengsel, mosterd, 2 eetlepels tamatiesous, ’n knippie sout en ¼ teelepel varsgemaalde swartpeper met jou hande goed saam.
    5. Verwerk dit in ’n vleisbrood van 20 cm x 10 cm in ’n voorbereide broodpan. Borsel die bo- en sykante met ’n soja-en-tamatiesousmengsel. Bak vir 45 tot 50 minute of totdat ’n vleistermometer wat in die middel ingedruk word 70 °C bereik.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 319 kJ, 32 g proteïen, 22 g koolhidrate, 10 g totale vet (4 g versadigde vet), 3 g vesel, 67 mg cholesterol
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief