×
Skakel na Engels

Gebraaide biefstuk uit die Suide

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 k volkoringmeel of Nutty Wheat
  • ½ t gemaalde cayennepeper
  • sout en peper
  • 1 groot eierwit
  • 1 k plus 2 e laevetmelk
  • 450 g beessteaks (2 cm dik)
  • ¼ k plus 1 e kanola-olie

Resep Aanwysings

    1. Meng die meel, cayennepeper en ½ t elk sout en swartpeper saam in ’n bord. Hou 2 eetlepels eenkant.
    2. Klits die eierwit en 2 eetlepels melk in ’n vlak mengbak tot skuimerig.
    3. Doop 1 steak in die meelmengsel, skud die oortollige meel af en doop dit dan in die eiermengsel, laat die oortollige eier afdrup. Doop dit weer in die meelmengsel tot dit goed bedek is, plaas dit dan op ’n bord met waspapier. Herhaal met die oorblywende steaks.
    4. Verhit ¼ koppie olie op medium in ’n 30 cm-pot. Skud die oortollige meel van steak af en plaas dit versigtig in die olie. Braai vir 2 tot 4 minute of tot goudbruin aan albei kante, draai een keer om. Skep dit op kombuispapier uit. Herverhit die olie en herhaal met nog ’n steak tot alles gebraai is. Gooi die vet uit die pot en vee dit goed skoon.
    5. Verhit die oorblywende eetlepel olie op medium in die pot. Roer die meelmengsel wat uitgehou is, by. Braai vir 1 minuut of tot geurig terwyl jy roer. Klop die oorblywende melk geleidelik by. Bring op medium tot kookpunt, kook dan vir 3 minute of tot verdik terwyl jy roer. Roer ’n knippie sout en ½ eelepel swartpeper by. Bedien saam met die steak.
      ELKE PORSIE: Sowat 1 850 kJ, 37 g proteïen, 16 g koolhidrate, 25 g totale vet (11 g versadigde vet), 3 g vesel, 124 mg cholesterol, 314 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief