×
Skakel na Engels

Gebakte stokvis met suurlemoen en kruie

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Gebakte stokvis met suurlemoen en kruie

Resep Bestanddele

  • 570 g stokvisfilette
  • ¼ t elk sout en peper
  • 1 middelslag-suurlemoen, in dun skyfies gesny
  • 3 e gesmelte botter
  • ½ k ongegeurde croutons
  • gekapte pietersielie
  • gesoteerde groen blaargroente en broodrolletjies, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Pak 570 g stokvisfilette in ’n enkellaag in ’n 3 ℓ-oondbak. Geur met ¼ t elk sout en peper.
    2. Pak 1 middelslag-suurlemoen, in dun skyfies gesny, bo-op. Bedruip met 3 e gesmelte botter.
    3. Bak by 230 °C vir 12 tot 15 minute totdat die vis net-net ondeursigtig in die middel is.
    4. Pols ½ k ongegeurde croutons in ’n voedselverwerker tot gekrummel maar grof; sprinkel dit oor die vis. Garneer met gekapte pietersielie. Sit voor met gesoteerde groen blaargroente en broodrolletjies.
    ELKE PORSIE: (slegs die vis) Sowat 800 kJ, 16 g proteïen, 5 g koolhidrate, 12 g vet (6 g versadig), 605 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief