×
Skakel na Engels

Gebakte skorsie met artisjok en spinasie

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Gebakte skorsie met artisjok en spinasie

Resep Bestanddele

  • 2 spaghetti-skorsies
  • 1 e olyfolie
  • 1 middelslag-salot
  • 6 k spinasie
  • ¼ t sout
  • 230 g laevet-roomkaas, saggemaak
  • 1 k gedraineerde gemarineerde artisjokharte
  • ¼ k gerasperde parmesaan
  • ½ t gerasperde suurlemoenskil
  • ½ t peper
  • ¹⁄₈ t sout

Resep Aanwysings

    1. Prik 2 spaghetti-skorsies oraloor met ’n mes en plaas dit in ’n mikrogolfbestande bak. Kook dit op 80% krag vir 10 minute. Draai dit om en kook vir nog 10 minute totdat jy maklik ’n mes daarin kan druk. 
    2. Plaas 1 e olyfolie en 1 middelslag-salot, fyngekap, in ’n 6 ℓ-pot en braai dit vir 3 minute oor matige hitte terwyl jy roer. Voeg 6 k spinasie en ¼ t sout by en braai vir 2 minute of totdat die spinasie sag is. Voeg 230 g laevet-roomkaas, saggemaak; 1 k gedreineerde gemarineerde artisjokharte, gekap; ¼ k gerasperde parmesaan; ½ t gerasperde suurlemoenskil; en ½ t peper by en roer totdat die kaas smelt.
    3. Sny die skorsie middeldeur en verwyder die pitte. Skraap die vlees met ’n vurk om stringe te maak. Geur met ¹⁄₈ t sout. Verdeel die spinasiemengsel tussen die skorsiehelftes. Rooster dit op hoog tot bruin (3 tot 4 minute). 
    ELKE PORSIE: Sowat 1 360 kJ, 11 g proteïen, 25 g koolhidrate, 22 g vet (9 g versadig), 6 g vesel, 720 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief