×
Skakel na Engels

Gebakte skelvis-risotto

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie, plus ekstra vir garnering
  • 1 ui, fyngekerf
  • 1 knoffelhuisie, fyngekerf
  • 350 g risottorys (arboriorys)
  • 1,3 liter warm visaftreksel
  • 300 g gerookte skelvis, sonder vel, in stukke gesny
  • 250 g bevrore ertjies
  • 1 e fyngekerfde grasuie

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit oond tot 200°C. Verhit die olyfolie in ’n groot oondbestande pot (met ’n styfpassende deksel) op medium hitte. Braai uie vir 5 minute of tot dit begin sag word. Voeg knoffel en rys by en braai vir 2 minute of tot die rys deurskynend begin word.
    2. Gooi die warm aftreksel by en roer goed. Sit die deksel op en bak vir 25 minute in die oond, of tot die rys net gaar en die aftreksel geabsorbeer is. Haal die pot versigtig uit en roer die skelvis en ertjies deur. Sit die deksel terug en bak vir ’n verdere 8 minute of tot die vis maklik vlok.
    3. Kyk of die tekstuur reg is – voeg nog aftreksel by indien dit te dik is. Sprinkel grasuie oor en geur. Drup ’n titseltjie olyfolie oor indien verkies en bedien dadelik.
      ELKE PORSIE: 1 955 kJ, 5 g vet (1 g versadigde vet), 86 g koolhidrate (4 g totale suiker).  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief