×
Skakel na Engels

Gebakte sardiens

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Gebakte sardiens

Resep Bestanddele

  • 2 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 1 ui, in dun skyfies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
  • 50 g ontpitte swart olywe
  • ’n handjie vol vars origanum of pietersielieblare, grofgekap
  • 8 sardiens, kop en ruggraat verwyder as jy dit só verkies
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220   ̊C. Verhit die helfte van die olie in ’n kastrol en soteer die ui vir 10 minute. Voeg die knoffel by en soteer vir nog ’n minuut. Roer dan die tamaties en olywe by.
    2. Bring tot kookpunt en laat prut vir 15 minute tot verdik. Roer die meeste van die origanum of pietersielie by en geur na smaak.
    3. Giet die sous in ’n oondvaste bak. Rangskik die sardiens bo-op. Druk die suurlemoenwiggies tussenin, bedruip met die oorblywende olie en geur na smaak.
    4. Bak in die oond vir 12 tot 15 minute totdat die sardiens deurgaar is – die vis moet ondeursigtig wees. Strooi die oorblywende kruie oor en sit met korserige brood en ’n groen slaai voor.
    5. WENK: As jy vooraf verpakte sardiens gebruik, gebruik ’n mes om die keep aan die kant dieper te maak om die grate te verwyder. Plaas die gevlekte vis met die vel na bo op ’n snyplank en druk met die onderste deel van jou handpalm al langs die ruggraat op om die grate te help losmaak. Draai die vis om en verwyder die ruggraat met die sygrate daaraan vas. Vou die vis weer toe en gebruik in die resep.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 140 kJ, 16 g vet (4 g versadigde vet), 9 g koolhidrate (8 g totale suiker), 23 g proteïen, 2 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief