×
Skakel na Engels

Gebakte salmfilette met lemmetjie-hollandaise

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 750 g baba-aartappels, grotes gehalveer
  • 2 e olyfolie
  • 5 takkies tiemie, blare gestroop
  • 6 groot salmfilette, met die vel
  • 3 lemmetjies
  • 2 e witwynasyn
  • 6 swartpeperkorrels
  • ’n knippie neutmuskaat
  • 4 groot eiergele
  • 250 g ongesoute botter
  • 700 g aspersies 

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Sit die aartappels in ’n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en laat liggies prut vir 15 tot 20 minute tot sag. Dreineer en meng met 1 eetlepel olie, die blare van 2 tiemietakkies en geurmiddels. Bedek om warm te hou.
    2. Vryf intussen die sap en skil van 1 lemmetjie en die orige tiemieblare oor die salmfilette. Geur en plaas in ’n groot roosterpan wat met bakpapier uitgevoer is. Pak die uitgedrukte lemmetjiehelftes tussenin. Bak vir 10 minute tot deurgaar.
    3. Terwyl die salm bak, bring die sap van 1 lemmetjie, die witwynasyn, swartpeperkorrels en neutmuskaat in ’n klein kastrol tot kookpunt. Laat prut en afkook totdat net 2 teelepels vloeistof oorbly. Giet deur ’n sif in ’n voedselverwerker en pols saam met die eiergele en ’n knippie sout. Smelt die botter in dieselfde kastrol, maar moet dit nie laat kook nie. Verwyder van die hitte en giet in ’n beker.
    4. Skakel die voedselverwerker aan en giet die botter in ’n konstante straal by die eiermengsel (so stadig moontlik sodat die sous verdik). Geur, voeg die sap en skil van die laaste lemmetjie by, skraap die kante van die voedselverwerker en zirts weer tot glad en botterig.
    5. Verhit die orige olie in ’n braaipan, of as jy die aspersies gaan rooster, meng dit met die olie in ’n middelslagbak. Braai of rooster vir 8 minute tot effens geskroei en jy ’n vurk maklik daarin kan steek. Sit met die salm en aartappels voor en skep van die sous oor.
      WERK VOORUIT: Hollandaise kan tot 2 uur voor opdiening gemaak word. Hou dit in ’n koffiefles warm.  ELKE PORSIE: Sowat 3 360 kJ, 61 g vet (27 g versadigde vet), 22 g koolhidrate (4 g totale suiker), 38 g proteïen, 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief