×
Skakel na Engels

Gebakte preie

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 12 jong preie, gewas en punte afgesny
  • 12 velle parmaham of rugspek
  • sout en swartpeper
  • botter, vir smeer
  • 500 g gaar jong aartappels, grofweg fyngedruk
  • 1 k varsgerasperde gruyèrekaas
  • 1 ½ k room
  • 2 t roosmarynblare, gekap
  • 2 eiergele
  • ½ t neutmuskaat
  • 1 e parmesaan
  • 2 e vars broodkrummels

Resep Aanwysings

    1. Laat die preie vir 6 minute in ’n vlak pan met kokende water kook. Dreineer.
    2. Plaas ’n sny ham op ’n plat oppervlak, sit ’n prei bo-op, geur met sout en peper en rol dit op. Herhaal met die res van die ham en preie.
    3. Smeer ’n groot oondvaste bak met botter. Skep die aartappels onderin, geur en pak die preirolletjies bo-op.
    4. Voorverhit die oond tot 170 °C. Meng die gruyère, room, roosmaryn, eiergele en neutmuskaat en geur na smaak. Giet dit oor die gereg. Sprinkel die parmesaan en broodkrummels oor en bak vir 30 tot 35 minute of totdat die bolaag borrel en goudkleurig is.
      WENK: Vir ’n vegetariese maaltyd, laat die ham weg en sit dit saam met gemengde babaslaaiblare voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief