×
Skakel na Engels

Gebakte pasta en bone

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 230 g (2 k) volgraan pennepasta
  • 1 e olyfolie
  • 1 middelslag-ui, gekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 blikke (410 g elk) heelgeskilde Italiaanse tamaties
  • 2 blikke (400 g elk) wit nierbone (cannellini), afgespoel en gedreineer
  • 1 k groente-aftreksel
  • ¼ teelepel peper
  • 300 g bevrore gekapte spinasie, ontdooi en drooggedruk
  • ½ k varsgerasperde Pecorino Romano-kaas of enige ander harde, gerasperde kaas

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit ’n groot pot water tot kookpunt. Voeg die pasta by en kook vir 2 minute korter as die aanwysings op die pakkie.
    2. Verhit intussen die olie in ’n groot pot op medium. Voeg die uie en seldery by en braai vir 9 tot 10 minute tot sag, roer af en toe. Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut. Dreineer die tamaties en hou die sap eenkant. Kap die tamaties.
    3. Roer die tamaties saam met die sap, bone, aftreksel en ¼ teelepel peper by die mengsel in die pot. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte na medium. Roer die spinasie by.
    4. Hou ¼ koppie pastawater eenkant. Dreineer die pasta en gooi dit terug in die pot. Voeg die boontjiemengsel, water wat eenkant gehou is en ¼ koppie kaas by. Meng goed deur. Skep oor in ’n oondvaste glas- of keramiekbak. Strooi die oorblywende kaas oor. Bak vir 15 minute of tot warm in die middel en goudbruin bo-op.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 465 kJ, 20 g proteïen, 65 g koolhidrate, 6 g totale vet (2 g versadigde vet), 14 g vesel, 7 mg cholesterol, 945 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief