×
Skakel na Engels

Gebakte New Yorkse frambooskaaskoek

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 x 23 cm-sponskoekbasis
  • 1 vanieljepeul
  • 200 g strooisuiker
  • 50 g mielieblom
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 850 g roomkaas
  • 4 groot eiers
  • 375 ml dubbeldik room, plus ekstra vir opdiening
  • 400 g frambose
  • 150 ml esdoringstroop

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Sny die sponskoek tot 23 cm in deursnee indien nodig en sny dan horisontaal in die helfte om ’n 5 mm dik skyf te vorm. Plaas dit onderin ’n 23 cm-veerklamppan.
    3. Sny die vanieljepeul oorlangs in die helfte en skraap die saadjies uit. Plaas die saadjies, strooisuiker, mielieblom, suurlemoenskil en -sap en roomkaas in ’n bak en klits dit saam.
    4. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
    5. Voeg die room by en klits die mengsel tot glad. Voeg 250 g van die frambose by en roer dit versigtig by die mengsel in.
    6. Giet dit in die koekpan en tik dit liggies om lug uit die mengsel te kry. Plaas die koekpan in ’n oondpan en gooi warm water in die oondpan tot ’n diepte van 2 cm om ’n bain marie te skep.
    7. Bak vir 1¼ tot 1 ½ uur of totdat dit net geset het en goudkleurig bo-op is.
    8. Haal dit uit die oond en laat dit in die pan afkoel. Plaas dit dan op ’n opdienbord en versier dit met die oorblywende frambose en bedruip met die esdoringstroop. Sit met ’n skeppie room voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief