×
Skakel na Engels

Gebakte Mediterreense salm

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 murgpampoentjie, in skyfies gesny
  • 2 tamaties, grofgekap
  • 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
  • 50 g ontpitte swart olywe, in skyfies gesny
  • 75 g fetakaas, gekrummel
  • 1 t droë origanum
  • 2 e olyfolie
  • 4 x 125 g salmfilette
  • 400 g jong aartappels, gehalveer
  • sout en peper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die murgpampoentjie, tamaties, kekerertjies, olywe, feta, origanum en 1 e olyfolie in ’n groot bak. 2. Sny vier vierkante waspapier, of foelie as jy verkies, van sowat 33 cm x 33 cm. Skep ’n kwart van die groentemengsel in die middel van elke vierkant. Plaas ’n salmfilet op elkeen en vou die kante van die papier toe om vier pakkies te maak. 3. Meng die aartappels met die orige olyfolie op ’n groot bakplaat. Geur mildelik. 4. Plaas die pakkies by die aartappels met genoeg oop spasie rondom elke pakkie. Bak vir 25 minute totdat die salm deurgaar en die aartappels sag is. Maak die pakkies oop en skep die groente en salm op vier borde uit saam met ’n kwart elk van die aartappels. Sit met tzatziki voor as jy wil.   ELKE PORSIE: Sowat 2 280 kJ, 40 g proteïen, 30 g vet (7 g versadigde vet), 27 g koolhidrate (3 g totale suiker), 6 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief