×
Skakel na Engels

Gebakte hoenderboudjies en speserykoeskoes

  • 25 min
  • 50 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Gebakte hoenderboudjies en speserykoeskoes

Resep Bestanddele

  • 1 e sonneblomolie
  • 8 hoenderboudjies
  • 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • 1 murgpampoentjie, oorlangs gehalveer en in skywe gesny
  • ’n halwe kop broccoli, in blommetjies gesny
  • 2 e tikka masala-kerriepasta
  • 200 g koeskoes
  • 40 g rosyntjies
  • 400 ml warm hoenderaftreksel
  • ’n bossie koljander, gekap
  • 15 g geroosterde amandelvlokkies

VIR OPDIENING (OPSIONEEL)

  • ongegeurde jogurt
  • mangoblatjang

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die boudjies tot goudbruin. Skep dit op ’n bord en plaas eenkant.

    2. Braai die ui in dieselfde pan vir 5 minute tot sag. Voeg die murgpampoentjie en broccoli by. Braai vir nog 5 minute en roer dan die kerriepasta en ’n skeut water by. Sit die deksel op en laat kook vir 5 minute totdat die groente net sag is.

    3. Plaas die koeskoes en rosyntjies in ’n hittebestande bak. Giet die aftreksel oor, roer en bedek die bak met kleefplastiek. Laat vir 5 minute staan. Vlok dit met ’n vurk en meng die gaar groente by. Geur na smaak.

    4. Keer die koeskoesmengsel in ’n groot oondvaste bak uit en pak die boudjies boop. Bedek met foelie. Bak vir 30 minute in die oond en verwyder die foelie vir die laaste 10 minute. Sprinkel die koljander en amandels oor. Sit voor met jogurt en mangoblatjang as jy wil.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 570 kJ, 32 g proteïen, 10 g vet (1 g versadig), 36 g koolhidrate (11 g totale suiker), 3 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief