×
Skakel na Engels

Garnaal-groenkerrie met noedels

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 75 g vars koljander (blare en stingels), plus ekstra om te garneer
  • 1 knoffelhuisie
  • 3 cm-stuk vars gemmerwortel
  • 1 groen brandrissie, ontpit en grofgekap
  • 1 e vissous
  • 400 ml-blik klappermelk
  • 200 g suikerertjies
  • 4 x 150 g-pakkies klaargaar-woknoedels
  • 300 g gaar, uitgedopte koninggarnale
  • sap van 1 lemmetjie, plus ekstra wiggies vir opdiening
  • sout en peper
  • ’n groot hand vol babaspinasieblare

Resep Aanwysings

    1. Plaas die koljander, knoffel, gemmer, brandrissie, vissous en klappermelk in ’n voedselverwerker of -menger en zirts tot glad. Verhit ’n groot wok of braaipan oor mediumhoë hitte en voeg die koljandermengsel en suikerertjies by. Bring tot kookpunt en laat vir 3 tot 5 minute prut totdat die mengsel effens verdik en die suikerertjies sag is. 2. Voeg die noedels en garnale by. Roer versigtig om die noedels los te maak maar nie te breek nie totdat alles verhit is. Voeg die lemmetjiesap by en geur na smaak. Vou die spinasieblare in. 3. Verdeel tussen vier bakkies, sprinkel koljander oor en sit met lemmetjiewiggies voor.   ELKE PORSIE: 2 270 kJ, 27 g proteïen, 21 g vet (0,2 g versadigde vet), 58 g koolhidrate (4 g suiker), 6 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief