×
Skakel na Engels

Garnaal-en-mango-gereg

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e sonneblomolie
  • 1 geel en 1 oranje soetrissie, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 e tamatiepasta
  • 1 e paprika
  • 1 t rissievlokkies
  • 400 ml-blik klappermelk
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • sap van 2 lemmetjies
  • 350 g patats, geskil en in blokkies gesny
  • 350 g bevrore koninggarnale
  • 1 ryp mango, geskil en in happiegrootte-stukkies gesny
  • koljander, gekap, vir opdiening
  • tortillaskyfies, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot swaarboompan of wok. Voeg die soetrissies by en braai vir 5 minute totdat dit begin sag raak. Voeg die knoffel, tamatiepasta, paprika en rissievlokkies by en braai vir nog ’n minuut tot geurig. 2. Voeg die klappermelk, aftreksel en lemmetjiesap by en bring tot kookpunt. Voeg die patats by en laat prut vir twee minute totdat dit sag is. 3. Voeg die garnale en mango by en laat prut vir 2 minute totdat die garnale deurgaar is. Om op te dien sprinkel die koljander oor en skep die kerrie in bakkies. Sit saam met die tortillaskyfies voor.   ELKE PORSIE: (vir 8) Sowat 935 kJ, 11 g (8 g versadigde vet), 19 g koolhidrate (9 g totale suiker), 11 g proteïen, 3 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief