×
Skakel na Engels

Fudge

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 450 g strooisuiker
  • 125 ml laevet- of volroommelk
  • 385 g-blik kondensmelk
  • 1 t sout
  • 1 t vanielje-ekstrak (of geursel)

Resep Aanwysings

    1. Voer ’n oondpan van sowat 15 cm x 24 cm x 4 cm met bakpapier uit. Sny die papier lank genoeg dat dit effens oor die kante steek sodat jy later die fudge maklik kan hanteer.
    2. Verhit die suiker en melk in ’n swaarboompot op mediumlaag en roer af en toe tot die suiker oplos (sowat 2 minute). Roer die kondensmelk en sout by en verhit tot dit aan die kante van die pot begin borrel. Laat prut vir 7 tot 8 minute  en klop aanhoudend om te verhoed dat dit aanbrand – dit behoort die kleur van botterkaramel te hê.
    3. Verwyder die pot van die hitte, voeg die vanielje by en klop presies 2 minute lank. Jy sal sien hoe die mengsel effens verdik. Giet dit vinnig en versigtig in die leë voorbereide oondpan en skraap die oppervlak gelyk.
    4. Hou vir 5 minute eenkant of tot die mengsel net verhard. Gebruik dan die bakpapier en lig dit uit die pan uit. Merk 45 vierkante af (sny halfpad deur die fudge). Laat dit vir nog ’n minuut set as  die mengsel aan die mes vasklou. Sit die fudge met behulp van die bakpapier terug in die pan en laat heeltemal afkoel.
    5. Breek die fudge in die afgemerkte blokkies vir opdiening. Enige oorskiet-fudge kan tot 2 weke lank by kamertemperatuur in ’n blik of papiersak gebêre word.
    ELKE PORSIE: 294 kJ, 1 g vet (1 g versadigde vet), 16 g koolhidrate (16 g totale suiker) WERK VOORUIT: Berei tot ’n week vooraf tot aan die einde van stap 4. Draai die pan in bakpapier toe wanneer die mengsel solied is (dit hoef nie lugdig te wees nie) en bêre by kamertemperatuur. Breek in vierkante om te bedien.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief