×
Skakel na Engels

Frikkadelle met ’n mozzarellavulsel

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 450 g beesmaalvleis
  • 1 x 125 g-bal mozzarella, fyngekap
  • 50 g songedroogde tamaties, fyngekap
  • 50 g vars broodkrummels
  • 1 middelslag-eier
  • 1 e vars basilie, gekap, plus ekstra vir garnering
  • sout en peper
  • 1 e kookolie
  • 5 e ongegeurde laevetjogurt
  • 4 e hoemoes

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die maalvleis, mozzarella, songedroogde tamaties, broodkrummels, eier, basilie en ’n bietjie geurmiddels in ’n groot bak. Vorm 20 frikkadelle, rofweg so groot soos okkerneute. 2. Verhit die olie in ’n groot, oondvaste braaipan oor matige hitte en braai die frikkadelle totdat dit reg rondom goudbruin is. Plaas vir 10 tot 15 minute in die oond totdat die frikkadelle deurgaar is. 3. Meng intussen die jogurt en hoemoes in ’n klein bakkie. Bedruip die frikkadelle met die sous, garneer met ekstra basilie en sit met koeskoes en groente in die seisoen voor as jy wil.   ELKE PORSIE: Sowat 2 060 kJ, 35 g proteïen, 31 g vet (13 g versadigde vet), 17 g koolhidrate (5 g totale suiker), 3 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief