×
Skakel na Engels

Framboos-meringuebom

  • 20 min
  • 5 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Framboosmeringuebom

Resep Bestanddele

  • 2 ℓ hoëgehalte-vanieljeroomys
  • 500 ml framboossorbet
  • 1 groot klaarbereide flan- of tertkors
  • 100 g frambose
  • 200 g strooisuiker
  • 2 middelslag-eierwitte

Resep Aanwysings

    1. Laat die vanieljeroomys vir 20 minute in die yskas sag raak. Voer intussen ’n 2 ℓ-glasbak (of ’n bak wat vriesbestand is) met ’n dubbele laag kleefplastiek uit – laat dit oor die rande van die bak hang. Verkoel in die vrieskas.
    2. Gebruik sowat 1,5 ℓ van die saggemaakte roomys om die bodem en kante van die bak eweredig uit te voer, en los ’n 2,5 cm-rand aan die bokant van die bak oop. Gebruik die agterkant van ’n lepel om dit glad af te werk. Plaas die bak en die orige vanieljeroomys weer in die vrieskas.
    3. Laat die sorbet vir 20 minute in die yskas sag raak.
    4. Haal die bak uit die vrieskas en vul die holte in die middel met sorbet. Maak dit bo-op glad. Skep en smeer die orige roomys bo-op om ’n egalige vanieljelaag te vorm. Bedek en vries dit vir minstens 1 uur.
    5. Vir opdiening, voorverhit die oond tot 240 °C (of so warm soos jou oond kan word). Lig die roomys aan die kleefplastiek wat oorhang uit en keer dit op die flan- of tertkors om. Sny die rande van die kors gelyk met die roomys. Plaas dit op ’n vries-en-hittebestande bord of koekstaander; vries weer terwyl jy die meringue maak.
    6. Maak die frambose en 125 g strooisuiker saam fyn. Plaas eenkant. Klits die eierwitte en orige suiker in ’n groot bak met ’n elektriese handklitser totdat dit stywe punte vorm (sowat 5 minute). Voeg die framboosmengsel by; klits tot baie dik en glansend (5 tot 10 minute).
    7. Smeer die meringue oor die roomysbom. Maak seker jy bedek dit tot op die bord (en dat daar geen openinge is nie) – en vorm sagte punte met die meringue. Plaas dit dadelik in die oond vir 3 minute tot net bruin. Sit voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 440 kJ, 5 g proteïen, 12 g vet (7 g versadig), 54 g koolhidrate (51 g totale suiker), 1 g vesel.

    WERK VOORUIT: Berei die resep tot aan die einde van stap 4 tot ’n maand vooraf. Voltooi die resep en sit voor.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief