×
Skakel na Engels

Frambooskaaskoek-brownies

  • 20 min
  • 55 min
  • 16
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 200 g frambose
  • 50 ml water
  • 200 g ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 200 g gewone sjokolade, gekap
  • 250 g strooisuiker
  • ’n knippie sout
  • 3 middelslag-eiers
  • 125 g gewone meel
  • 50 g kakaopoeier

VIR DIE BOLAAG

  • 250 g roomkaas (nie die laevet-soort nie)
  • 1 middelslag-eier
  • 75 g strooisuiker

Resep Aanwysings

    1. Plaas die frambose en water in ’n klein kastrol. Bring tot kookpunt en laat vir 5 tot 7 minute prut tot dik en pulpagtig; roer en druk die bessies af en toe stukkend sodat dit makliker kan sag kook. Giet dit deur ’n sif in ’n klein bakkie. (Gooi die pitjies weg.) Plaas eenkant om af te koel.
    2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige 20 cm-pan liggies en voer dit met bakpapier uit. Smelt die botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol water wat liggies prut. Plaas vir 10 minute eenkant om af te koel.
    3. Maak intussen die bolaag: Klits die roomkaas in ’n middelslagbak tot sag. Meng die eier en 75 g strooisuiker by tot glad. Plaas eenkant.
    4. Roer die 250 g strooisuiker en ’n knippie sout by die sjokolademengsel, en roer dan die eiers by. Sif die meel en kakao by en meng. Skep die beslag in die voorbereide pan en smeer dit gelyk. Giet die kaaskoekbolaag bo-op en smeer dit egalig oor die hele brownielaag.
    5. Skep teelepels vol framboospuree bo-op en trek ’n mes of eetstokkie deur die kaaskoekmengsel om ’n marmereffek te skep. Bak vir 35 tot 40 minute of totdat die kaaskoek ferm voel as jy daaraan raak. Laat dit heeltemal in die pan afkoel voordat jy dit in blokkies sny.
    6. Bêre die afgekoelde brownies – dig toegedraai of in ’n lugdigte houer – vir tot 5 dae in die yskas. Die afgekoelde brownies kan ook (sodra dit toegedraai is) vir tot 3 maande gevries word. Laat dit in die yskas of by kamertemperatuur ontdooi voordat jy dit voorsit.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 550 kJ, 4 g proteïen, 23 g vet (14 g versadig), 35 g koolhidrate (29 g totale suiker), 2 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief