×
Skakel na Engels

Framboos-en-vanielje-“roomkoek”

  • 30 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 e agawestroop, plus ekstra om te smeer
  • 200 g pekanneute
  • ¼ t fyn kaneel
  • 150 g dadels, ontpit
  • 300 g kasjoeneute (ongesout)
  • 75 g droë klapper
  • 1 e vanielje-ekstrak
  • 400 ml water

VIR DIE FRAMBOOS-COULIS

  • 175 frambose, plus ekstra vir opdiening
  • 1 t agawestroop

Resep Aanwysings

    1. Gebruik ’n bietjie agawestroop as gom om ’n ronde 20 cm-losboompan met waspapier uit te voer. Zirts die pekanneute en kaneel in ’n voedselverwerker tot fyn. Voeg die dadels by en vermeng totdat die mengsel soos fyn, klam gruis lyk. Druk die helfte daarvan op die bodem van die pan vas om ’n egalige laag te vorm. (Bedek en verkoel orige mengsel.)

    2. Maak die framboos-coulis: Zirts die frambose en agawestroop tot glad en druk dit deur ’n fyn sif om die saadjies te verwyder. (Gooi die saadjies weg.) Plaas eenkant.

    3. Vir die vulsel, zirts die kasjoeneute en klapper vir 20 sekondes totdat die neute fyn is. Voeg die vanielje, agawestroop en water by. Hou aan vermeng tot glad en dik.

    4. Giet die helfte van die vulsel in die voorbereide pan en maak dit versigtig glad. (Bedek en verkoel orige vulsel.) Drup die coulis in ’n wirwarbeweging bo-oor (gebruik ’n spuitsak of ’n plastieksousbottel vir ’n netjieser afwerking) en vorm ’n marmerpatroon met ’n mes; moenie die basis versteur nie. Vries tot solied vir sowat 2 uur.

    5. Wanneer dit gevries is, herhaal die basis, vulsel en framboosversiering met die orige mengsels. (As daar framboospuree oorbly, verkoel en sit dit saam met die nagereg voor.) Bedek die pan losweg met kleefplastiek en vries weer tot solied.

    6. Haal dit uit die vrieskas, sit dit op ’n opdienbord en laat dit vir 1½ uur by kamertemperatuur staan om sag te raak. Sit dit voor in skywe saam met ekstra frambose as jy wil.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 830 kJ, 10 g proteïen, 33 g vet (8 g versadig), 22 g koolhidrate (17 g suiker), 5 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief