×
Skakel na Engels

Fop-sjokoladefudge

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 500 g versiersuiker
  • 50 g kakao
  • 50 ml melk
  • 50 g koue botter, gekap
  • 1 groot hand vol geroosterde, gesoute grondboontjies

Resep Aanwysings

    1. Plaas die suiker en die kakao in ’n groot mikrogolfbestande bak; klop en meng. Voeg die melk en botter by en kook op volle krag (800 W) vir 2 minute. Voer intussen ’n 15 cm by 25 cm-bak of opdienskottel met bakpapier uit. 2. Klop die warm mengsel tot glad (dit verdik terwyl jy klop), roer dan die neute by. Giet dit in die uitgevoerde bak, stryk die oppervlak gelyk en verkoel dit vir 20 minute tot solied. Sny in vierkante. Bêre dit só: Goed bedek hou dit tot twee weke lank in die yskas
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief