×
Skakel na Engels

Focaccia met groente

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e rooiwynasyn
  • 1 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 1 klein salot, fyngekap
  • ½ t vars tiemieblare, gekap
  • ’n knippie sout
  • ’n knippie varsgemaalde swartpeper
  • 1 houer (250 g tot 280 g) artisjokharte, afgespoel en in kwarte gesny
  • 450 g geroosterde rooi soetrissies, drooggedruk
  • 85 g babaspinasieblare
  • 4 (vierkante van 12 cm) stukke focacciabrood
  • ¼ k basiliepesto
  • 2 e mayonnaise
  • 1 groot bal (450 g) vars mozzarellakaas, dun gesny

Resep Aanwysings

    1. Klop die asyn, olie, salot, tiemie, sout en peper saam in ’n groot bak.
    2. Plaas die artisjokke in ’n middelslagbak, die soetrissies in ’n ander en die spinasie in ’n derde een. Verdeel die slaaisous tussen die drie.
    3. Meng die inhoud van elke bak tot dit goed bedek is.
    4. Neem ’n getande messie en sny elke focaccia horisontaal deur.
    5. Meng die pesto en mayonnaise in ’n klein bakkie. Smeer dit op al die gesnyde kante van die focaccia.
    6. Bedek die onderste helfte van elke focaccia met ’n lagie spinasie, soetrissie, mozzarella en artisjokke. Bedek met die boonste helfte van die focaccia.
    ELKE PORSIE: Sowat 3 290 kJ, 31 g proteïen, 69 g koolhidrate, 43 g totale vet (18 g versadigde vet), 4 g vesel, 97 mg cholesterol.  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief