×
Skakel na Engels

Flatervrye geroosterde hoender

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 knoffelhuisie
  • 4 takkies vars roosmaryn of tiemie
  • 50 g botter, saggemaak sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 middelslag-hoender (sowat 1,6 kg)
  • 1 suurlemoen
  • 750 g baba-aartappels
  • 1 e koekmeel
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 1 e gekaramelliseerde uieblatjang of gewone blatjang
  • dubbeldik-room (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 190 °C. 2. Verpulp een knoffelhuisie en sit dit in ’n klein bakkie. Pluk die blare van die helfte van die kruietakkies, kap dit grof en voeg dit saam met genoeg geurmiddels by die knoffel en botter in die bakkie. Roer tot gemeng. 3. Lig die hoender se sagte nekvel en gebruik jou vingers om die vel liggies van die borsvleis los te wikkel − werk al langs die kante van die bors af in die rigting van die bene. Druk die helfte van die bottermengsel tussen die vel en die vleis om die hele borsgedeelte te bedek. Druk dit plat en steek dit met ’n sosatie- of peuselstokkie vas. Sny die suurlemoen middeldeur en druk een helfte daarvan binne-in die hoender, bind die bene vas. Sny die ander helfte in wiggies en hou dit eenkant. 4. Sit die hoender in ’n groot, stewige oondroosterpan. Vryf die oorblywende botter oor die hele buitekant van die hoender. Geur genoeg en rooster dit vir 45 minute. Kneus dan die oorblywende knoffelhuisies (moenie dit afskil nie) en voeg dit by die pan saam met die aartappels, suurlemoenwiggies en oorblywende kruietakkies. Skud die pan sodat die olie dit goed bedek en druk dit vir ’n verdere 45 minute in die oond of tot die hoender en aartappels deurgaar is. 5. Skep die hoender versigtig oor op ’n snyplank en skep die aartappels, knoffel en suurlemoen in ’n opdienskottel. Bedek alles goed met foelie. Behou net 1 e vet van die roosterpan; gooi die res weg. Verhit die vet wat uitgehou is, oor medium hitte op die stoof. Roer die meel by en braai vir 1 minuut, roer die aftreksel geleidelik by. Laat borrel dit vir 5 minute tot verdik, roer aanhoudend. Giet dit in ’n beker en roer die uieblatjang/gewone blatjang en ’n bietjie room by indien die sous effe skerp proe. 6. Laat die hoender vir minstens 30 minute rus voordat jy dit saam met die aartappelmengsel, knoffel en sous bedien. (Herverhit die sous indien nodig.)   ELKE PORSIE: 2 670 kJ, 33 g vet (12 g versadigde vet), 33 g koolhidrate (2 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief