×
Skakel na Engels

Esdoring-spek-en-pekan-brownies

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 repies gerookte spek
  • 75 ml esdoringstroop
  • 75 g pekanneute, grofgekap
  • 150 g ongesoute botter, gekap, plus ekstra om te smeer
  • 225 g sagte ligte bruinsuiker
  • 75 g kakaopoeier
  • 2 middelslag-eiers
  • 60 g koekmeel

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oondrooster tot medium. Rooster die spek op ’n bakplaat totdat die vet goudkleurig is. Laat dit dan op kombuispapier bros word. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n vierkantige 20 cm-pan met bakpapier uit en smeer liggies. 2. Sny of breek die spek in klein stukkies. Sit dit in ’n bakkie met die esdoringstroop en neute. Meng en plaas eenkant. 3. Plaas die botter en suiker in ’n groot hittebestande bak en sif die kakaopoeier by. Plaas die bak bo-oor ’n kastrol met water wat liggies prut (maak seker die bak raak nie aan die water nie) en verhit totdat die mengsel gesmelt en glad is. Roer af en toe. Dit sal eers lyk of dit nie wil meng nie, maar dit sal. Haal die bak af en plaas eenkant om effens af te koel. 4. Klits die eiers een-een by die sjokolademengsel. Sif die meel oor en klop vinnig en deeglik totdat die mengsel blink en glad is. Roer die meeste van die spekmengsel by. 5. Skraap die sjokolademengsel in die pan uit, maak dit gelyk en strooi die res van die spekmengsel oor. Bak vir 20 tot 30 minute of tot geset. Laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit in blokkies sny.   ELKE PORSIE: Sowat 935 kJ, 4 g proteïen, 14 g vet (6 g versadigde vet), 20 g koolhidrate (17 g suiker), 1 g vesel. OM TE BÊRE: Draai dit dig in foelie toe of bêre by kamertemperatuur in ’n lugdigte houer vir tot 4 dae.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief