×

Esdoring-en-pekanvulselkoek

  • 30 min
  • 70 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

Dié resep maak ’n 20 cm-“koek”. Dieselfde hoeveelheid vulsel kan ook gebruik word om jou kalkoen te stop. As jy dus ’n koek en ’n gevulde kalkoen wil maak, sal jy die resep moet verdubbel.

  • 1 e olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 selderystingels, fyngekap
  • 450 g worsvleis
  • 2 e esdoringstroop, plus ekstra om oor te verf
  • 50 g pekanneute, grofgekap
  • 50 g droë bosbessies
  • 50 g vars witbroodkrummels
  • 1 middelslag-eier, liggies geklits
  • ’n groot hand vol vars pietersielie, grofgekap, plus ekstra vir garnering
  • 8 repies strepiespek

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n middelslagpan en braai die ui en seldery liggies vir 10 minute tot sag. Keer dit in ’n groot bak uit en laat afkoel.
    2. Voeg die worsvleis, esdoringstroop, pekanneute, bosbessies, broodkrummels, eier, pietersielie en ’n bietjie geurmiddels by die afgekoelde uiemengsel. Meng goed. (Dis die maklikste met jou hande.)
    3. Voorverhit die oond tot 190 °C. Rek elke repie spek oorlangs uit en rangskik dit in ’n oorkruispatroon op die bodem van ’n ronde 20,5 cm-koekpan; laat dit effens oor die rande hang.
    4. Druk die worsvleismengsel versigtig in die koekpan sodat jy nie die spekpatroon versteur nie. Maak die oppervlak gelyk en vou enige spek wat oorhang oor die vulsel.
    5. Plaas die koekpan in ’n roosterpan (ingeval enige sous uitlek). Bak in die oond vir 40 minute of tot goudkleurig en deurgaar. Giet enige oortollige vloeistof versigtig af en keer dan die koek op ’n bakplaat uit (met die spek na bo).
    6. Verf die spek met ’n bietjie esdoringstroop om te glaseer en plaas weer in die oond vir 15 tot 20 minute tot effens bruin. Plaas die koek op ’n bord of plank en garneer met ekstra pietersielie. Sny in wiggies.

    ELKE PORSIE: 1 520 kJ, 13 g proteïen, 25 g vet (8 g versadig), 19 g koolhidrate (9 g totale suiker), 2 g vesel.

    WERK VOORUIT:  Berei resep tot aan die einde van stap 4 tot ’n dag vooraf. Bedek en verkoel. Berei tot aan die einde van stap 5 tot 2 uur vooraf. Voltooi die resep vir opdiening.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief