×
Skakel na Engels

Ertjie-en-ham-sop

  • 25 min
  • 11 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 750 g bevrore ertjies
  • 1 ℓ hoenderaftreksel
  • 2 x 200 g ongerookte varksteaks, vet verwyder
  • 1 e vars grasuie, gekap, plus ekstra vir garnering
  • 4 t laevetroom

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pot en braai die uie vir 10 minute of totdat dit sag is, maar nie verkleur het nie.
    2. Roer die ertjies en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die vleis by en laat vir 5 minute prut of tot deurgaar.
    3. Skep die vleis uit en sit dit eenkant. Pols sop totdat dit heeltemal glad is (doen dit in sarsies, indien nodig). Skeur die vleis intussen in repies en gooi alle vet weg.
    4. Skep die sop terug in die pot en verhit weer. Voeg die vleis en grasuie by en geur goed. Verdeel in vier warm sopbakkies en garneer met room, ekstra grasuie en varsgemaalde swartpeper. Sit saam met ciabatta-brood voor.
    ELKE PORSIE: 1 583 kJ, 21 g vet (8 g versadigde vet), 21 g koolhidrate (7 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief