×
Skakel na Engels

Engelringkoek met witsjokoladeversiersel

  • 35 min
  • 60 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 125 g gewone meel, plus 1 e meel om mee te bestrooi
  • 300 g strooisuiker
  • 10 groot eierwitte
  • ½ t sout
  • 1 e suurlemoensap
  • 1 t kremetart
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 1 t haselneut- of amandelgeursel
  • 250 g mascarpone
  • 225 g witsjokolade, in stukkies gebreek
  • 150 g elk vars frambose en bloubessies 

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Kry ’n wynbottel wat in die holte van ’n 25,5 cm-ringkoekpan pas. (Die pan met die koek gaan ná die tyd omgekeerd hierop balanseer.) Plaas eenkant. Sif die meel en 100 g strooisuiker in ’n middelslagbak. Plaas eenkant.
    2. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak tot skuimerig. Voeg die sout, suurlemoensap en kremetart by. Klits weer totdat sagte punte vorm. Voeg die res van die strooisuiker 1 e op ’n slag by. Klits ná elke byvoeging totdat stywe punte vorm. Wanneer die mengsel styf en blink is en jy nie meer suikerkorrels kan voel wanneer jy dit tussen jou wysvinger en duim vryf nie, meng die vanielje en neutgeursel by.
    3. Sprinkel van die meel-en-suikermengsel oor en vou dit liggies met ’n klitser of metaallepel in. Herhaal met die orige meelmengsel totdat jy ’n dik beslag sonder klonte het. Skep die beslag in ’n ongesmeerde pan en maak dit gelyk. 
    4. Bak dit in die onderste derde van die oond vir 40 tot 50 minute totdat dit sponsagtig is en ’n toetspen skoon uitkom wanneer jy dit indruk.
    5. Haal die koek uit die oond. Keer die pan onmiddellik om en druk die wynbottel se nek deur die holte. Balanseer dit versigtig. Laat die koek vir 1 uur só afkoel. Haal dit van die bottel af, maak die rande met ’n mes los en keer dit op ’n bord uit.
    6. Sit ’n bak oor ’n kastrol met water wat net-net prut. Verhit die mascarpone tot loperig. Voeg die sjokolade by en roer tot glad. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot dik, maar steeds loperig. Giet oor die koek en rond met vars bessies af.

    WERK VOORUIT: Dié koek smaak die lekkerste vars, maar jy kan dit ’n dag vooraf maak. Bêre dit in ’n lugdigte houer en versier voor opdiening.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 140 kJ, 24 g vet (15 g versadigde vet), 68 g koolhidrate (56 g totale suiker), 5 g proteïen, 2 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief