×
Skakel na Engels

Warm aarbei-soufflé

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 140 g vars aarbeie
  • 20 ml suiker
  • 30 ml + 70 ml strooisuiker
  • 4 eiergele
  • 30 ml Nestlé Caramel Treat
  • 50 ml meelblom
  • 250 ml Nestlé Ideal Evaporated Milk, opgewarm
  • 45 ml botter + ekstra vir smeer
  • 2 ml pienk voedselkleursel
  • 5 eierwitte
  • 1 ml sout
  • versiersuiker om oor te sif

Resep Aanwysings

    1. Verhit die aarbeie, suiker en water in ’n pan. Kook vir 3 tot 4 minute, laat afkoel en zirts dit dan tot fyn met ’n staafmenger.
    2. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 4 tot 6 ramekins met botter en bestuif met die 30 g strooisuiker. Skud die oortollige suiker af. Plaas die ramekins op ’n bakplaat.
    3. Klits die eiergele. Verhit die 70 g strooisuiker en Nestlé Ideal Evaporated Milk in ’n kastrol tot net onder kookpunt en giet dit dan stadig in ’n dun straaltjie op die eiergele terwyl jy voortdurend klits. Giet die mengsel terug in die kastrol en laat prut oor ’n baie lae hitte. Roer gereeld sodat dit nie skif nie.
    4. Verwyder van die hitte sodra die mengsel ’n dik vla gevorm het. Klop die botter in. Roer die aarbeipuree en voedselkleursel by.
    5. Klits die eierwitte in ’n skoon bak saam met ’n knippie sout totdat sagte punte vorm. Vou ’n lepel vol van die eierwitmengsel by die aarbeimengsel in om dit los te maak. Vou die res van die eierwitte versigtig by die mengsel in. Skep die soufflé-mengsel in die ramekins.
    6. Verlaag die oondtemperatuur na 180 °C. Bak vir 15 tot 20 minute. Sif versiersuiker oor en sit onmiddellik voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief