×
Skakel na Engels

Sjokolade-en-rissie-truffels

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 90 g suiker
  • 60 ml water
  • 60 g pekanneute, gerooster
  • 60 ml botter
  • 350 g Nestlé Easy Melt - Dark
  • 125 ml Nestlé Cream
  • 10 tot 15 ml rissiesous
  • 150 g madeira-koekkrummels
  • Nestlé Cocoa Powder om te bedek

Resep Aanwysings

    1. Los die suiker in die water op in ’n swaarboompan en bring tot kookpunt. Laat kook totdat dit ’n karamel vorm. Voeg die pekanneute vinnig by en plaas op ’n gesmeerde bakplaat.
    2. Laat afkoel, en verwerk dan in ’n voedselverwerker tot fyngekap.
    3. Smelt die Nestlé Easy Melt saam met die botter en Nestlé Cream en roer tot glad. Voeg die rissiesous en koekkrummels by. Roer die pekanpralien by en laat set in die yskas.
    4. Rol in balletjies en bedek met Nestlé Cacao Powder.
    5. Bêre in die yskas.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief