×
Skakel na Engels

Emma se geskroeide salm met romerige speserydhal

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 t mosterdsaad
  • 2 t komynsaad
  • 2 e olyfolie
  • 1 ui, in blokkies gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2,5 cm-stuk vars gemmer, gerasper
  • 410 g-blik lensies, afgespoel en gedreineer
  • 290 g-blik Nestlé Sterilised Dessert Cream
  • 1 e botter
  • 4 x 150 g salmfilette
  • sout en peper na smaak
  • ’n hand vol vars koljander, fyngekap
  • vars suurlemoenskyfies of -wiggies, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Rooster die mosterd- en komynsaad in ’n groot pot oor lae hitte totdat die saad ’n neuterige geur afgee. Oppas dat dit nie brand nie. Skep in ’n bak uit.
    2. Verhit die helfte van die olie oor lae hitte in dieselfde pot. Voeg die ui, knoffel en gemmer by en braai dit vir 10 minute tot sag. Voeg ’n bietjie water by as dit lyk of die mengsel wil aanbrand.
    3. Voeg die lensies en geroosterde saad by en roer vir ’n paar minute voordat jy die Nestlé Sterilised Dessert Cream byvoeg. Laat dit effens kook en bedek die pot onmiddellik. Verlaag die hitte en laat dit vir sowat 15 minute prut. Roer af en toe om te keer dat die dhal aanbrand. As dit te dik raak, voeg ’n bietjie water by.
    4. Verhit die orige olyfolie en botter in ’n aparte pan. Plaas die salmfilette in die pan met die vel na bo en braai dit liggies vir 3 minute of tot bros.
    5. Draai dit om en geur met sout en peper. Braai die filette vir nog 3 minute tot gaar.
    6. Voeg die gekapte koljander by die dhal en skep dit in vlak bakkies vir opdiening. Plaas ’n salmfilet in elke bakkie.
    7. Garneer met suurlemoenskyfies of -wiggies.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief