×
Skakel na Engels

Elmari se ma se Vrystaatpoeding

  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

STROOP

  • 4 k water
  • 2 k suiker
DEEG
  • 1 k botter
  • 1 k suiker
  • 3 k koekmeel
  • ’n knippie sout
  • 3 t koeksoda
  • ½ k melk
  • 2 e appelkooskonfyt
  • 1 t fyn gemmer

Resep Aanwysings

    1. Bring die water en suiker vir die stroop in ’n groot kastrol tot kookpunt. Plaas eenkant tot later.
    2. Smelt die botter en suiker saam. Voeg die gesifte meel en sout by.
    3. Meng die koeksoda by die melk in en voeg by die meelmengsel.
    4. Voeg die konfyt en gemmer by en meng.
    5. Skep lepels vol deeg in die kokende stroop. Sit die kastrol se deksel op en moet dit vir minstens die eerste 10 minute nie oplig nie. Verlaag dan die hitte sodat dit prut.
    6. Kook vir 45 tot 60 minute, afhangende van hoe bruin jy wil hê die poeding moet wees. (Die koeksoda maak dat dit bruin verkleur.)
    7. Sit voor met vla, room of vanieljeroomys.
    WENK: As jy wil hê die poeding moet meer sous hê, voeg nog ’n koppie water by die stroop.  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief