×
Skakel na Engels

Eiervrug-en-kekerertjiemasala

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1½ e olie
  • 1 groot ui, in dun skyfies gesny
  • 1 eiervrug, in 2 cm-blokkies gesny
  • 4 middelslag-aartappels, in 2 cm-blokkies gesny
  • 3 e matige kerriepasta
  • 1 t swart mosterdsaad
  • 350 ml groente-aftreksel
  • 250 g basmatirys, gewas
  • 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 3 e mangoblatjang
  • ’n groot hand vol koljanderblare, grofgekap, plus ekstra vir garnering
  • sout en peper
  • ongegeurde jogurt, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui by en braai vir 5 minute tot sag. Verhoog die hitte, voeg die eiervrug en aartappel by en braai vir nog 5 minute. Roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
    2. Roer die kerriepasta en mosterdsaad by en braai vir 30 sekondes. Voeg die aftreksel by en laat vir 15 minute onbedek prut totdat die groente sag is. Roer af en toe.
    3. Kook intussen die rys in kokende soutwater vir 12 tot 15 minute tot sag. Dreineer en hou warm.
    4. Roer die kekerertjies, blatjang en koljanderblare by die kerrie in en proe vir geur. Sit met die gaar rys en ’n skeppie ongegeurde jogurt voor en garneer met die orige koljanderblare.
    ELKE PORSIE: 2 290 kJ, 16 g proteïen, 10 g vet (0,8 g versadigde vet), 94 g koolhidrate (10 g suiker), 9 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief