×
Skakel na Engels

Eenskottelgereg met hoender, appelkoos en lemoen

  • 15 min
  • 50 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 3 groot wortels, in 2 cm-stukke gesny
  • 2 rooi-uie, elk in 8 wiggies gesny
  • ½ e komynsaad
  • 1 e olyfolie
  • skil en sap van 1 lemoen
  • 8 hoenderdye, vel en bene verwyder
  • 50 g gedroogde appelkose, gekap

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die wortels, uie, komynsaad, olyfolie, lemoenskil en -sap, ’n titseltjie water en geurmiddels in ’n braaipan en meng goed.
    2. Rooster dit vir 15 minute of totdat die wortels net-net sag is. Voeg die hoender en gedroogde appelkose by en bak vir ’n verdere 25 minute of totdat die hoender gaar en die groente sag is. Sit voor saam met koeskoes, slaai of bros brood wat die sappigheid lekker kan opsuig.
    ELKE PORSIE: 1 160 kJ, 12 g vet (3 g versadigde vet), 16 g koolhidrate (14 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief