×
Skakel na Engels

Edamame-en-noedelslaai met ’n neutgeur

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Edamameen-noedelslaai met ’n neutgeur

Resep Bestanddele

  • 700 g sjirataki-noedels, afgespoel en gedreineer
  • 3 k bevrore uitgedopte edamamebone
  • 2 k bevrore mieliepitte
  • ½ k grondboontjiebotter
  • ½ k rysasyn
  • 1 e sriracha-sous
  • 2 e water
  • ½ t sout
  • 3 k gerasperde wortels
  • 230 g roma-tamaties, gehalveer
  • 1 middelslag- Granny Smith-appel, in kwarte
  • ½ k vars koljander, gekap

Resep Aanwysings

    1. Verhit ’n groot kastrol water oor hoë hitte tot kookpunt. Voeg die sjirataki-noedels, edamamebone en mieliepitte by. Laat kook vir 2 minute. Spoel af en dreineer goed.
    2. Klits die grondboontjiebotter, rysasyn, sriracha-sous, water en sout saam in ’n groot bak. Voeg die wortels, roma-tamaties, Granny Smith-appel, koljander en die noedelmengsel by. Meng tot bedek. Sit voor met sriracha.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 900 kJ, 22 g proteïen, 50 g koolhidrate, 22 g vet (3 g versadig), 13 g vesel.

    “WAT IS SJIRATAKINOEDELS?” 

    Daar word dikwels na sjirataki-noedels as nul-kilojoule-wondernoedels verwys. Dié dun, deursigtige Japannese noedels word van die konjakjamswortel gemaak en is gluten-, suiker-, koring- en koolhidraatvry. Kry dit by www.faithful-to-nature-co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief