×
Skakel na Engels

Dubbelsjokolade-en-aarbeirol

  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE BASIS
  • 4 plaaseiers
  • 110 g strooisuiker
  • 110 g bruismeel, gesif
  • ⅔ e versiersuiker
VIR DIE VULSEL
  • 400 ml dubbeldik room
  • 200 g donker sjokolade, fyngekap
  • 200 g wit sjokolade, fyngekap
  • 300 g aarbeie, gesny
VIR AFRONDING
  • 200 g aarbeie
  • ⅔ e versiersuiker
  • 75 g donker sjokolade
  • 2 e kakao

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n rolkoekpan met bakpapier uit.
    2. Meng die eiers en suiker in ’n bak en klits tot lig, donsig en dik. Vou die meel goed in by die mengsel. Giet die deeg in die pan en smeer met ’n spatel glad.
    3. Plaas in die oond en bak vir 8 tot 10 minute. (Die rolkoek is gaar wanneer ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uit kom.)
    4. Plaas ’n vel bakpapier wat effens groter as die pan is op die kombuisoppervlak en bestrooi liggies met versiersuiker. Dop die rolkoek op die bakpapier uit en trek die boonste bakpapier af. Laat eenkant om af te koel.
    5. Vir die vulsel: Giet helfte van die room in ’n pot en laat dit prut. Voeg die donker sjokolade by en klop totdat dit gemeng, dik en glansend is. Haal van die hitte af en laat effens afkoel.
    6. Smelt intussen die wit sjokolade in ’n bak oor ’n pot met kokende water; moenie dat die bak aan die water raak nie. Klits die oorblywende room in ’n aparte bak totdat sagte punte vorm. Voeg die wit sjokolade by en roer totdat alles goed gemeng is.
    7. Smeer die donkersjokolade-ganache oor die rolkoek, maar los ’n 2 cm-strook aan een van die lang kante oop (op die rand). Smeer die witsjokolade-room versigtig oor die donkersjokolade. Rangskik die gesnyde aarbeie oor die room.
    8. Begin by die lang kant sonder die 2 cm-strook en gebruik die bakpapier om die koek met vulsel en al op te rol. Druk ferm om seker te maak dis stewig opgerol.
    9. Vir opdiening: Pols die aarbeie en die versiersuiker in ’n voedselverwerker tot glad. Druk die mengsel deur ’n sif en vang die gladde pulp in ’n skoon bakkie op.
    10. Trek ’n mes versigtig oor die gladde deel van die sjokolade om skaafsels te maak. Plaas die roulade op ’n bord, sif kakao oor en strooi sjokoladeskaafsels oor. Sit saam met aarbeisous voor.
    WENK: Hou die sjokolade ferm vas en gebruik ’n lekker skerp mes wanneer jy die sjokoladeskaafsels maak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief