×
Skakel na Engels

Donkersjokoladekoekies

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 ½ k amandelmeel
  • ½ k kakao
  • ½ t koeksoda
  • ½ t sout
  • 1 k eritritolkorrels
  • 115 g botter, in blokkies gesny
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 115 g 85% donkersjokolade, gesmelt
  • 2 groot eiers
  • 115 g 85% donkersjokolade, grofgekap

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

    2. Voer ’n bakplaat met silikoonbakpapier uit.

    3. Plaas die amandelmeel, kakao, koeksoda, sout en eritritol in die bak van ’n voedselverwerker en zirts dit saam.

    4. Voeg die botter en vanielje-ekstrak by en pols totdat dit gekombineer is en die deeg soos broodkrummels lyk. Voeg die gesmelte sjokolade en eiers by en zirts die mengsel weer goed.

    5. Roer die grofgekapte sjokolade by.

    6. Skep lepels vol deeg ’n paar sentimeter uit mekaar op die bakplaat en bak vir 10 tot 12 minute.

    7. Haal die bakplaat uit die oond en laat die koekies heeltemal afkoel.

    8. Wag vir die koekies om te set voordat jy dit van die bakpapier afhaal en voorsit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief