×
Skakel na Engels

Diepgebraaide karringmelkhoender en braaibone

  • 25 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 8 hoenderboudjies (sowat 800 g)
  • 285 ml karringmelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 750 ml sonneblomolie
  • 150 g koekmeel
  • 2 t cayennepeper 
  • 2 t vars knoffel, gekneus
  • 1 t gedroogde tiemie
VIR DIE BONE
  • 2 x 400 g-blikke sousbone
  • 1 e braaisous
  • 1 e sojasous

Resep Aanwysings

    1. Plaas die hoenderstukke in ’n groot bak. Roer die karringmelk by en geur. Bedek en verkoel vir 5 uur.
    2. Wanneer gereed, vul die helfte van ’n diepvetbraaier met olie, of giet 750 ml olie in ’n middelslag-pot en verhit dit tot 140 °C. Roer die meel, cayennepeper, knoffel, tiemie en geursel by en kantel dit op ’n bord uit. Behou soveel karringmelk moontlik aan die hoender en doop die hoenderboudjies in die meel tot heeltemal bedek.
    3. Laat sak die boudjies in die warm olie. Braai vir 15 minute tot goudbruin, bros en deurgaar. (Voltooi dit in die oond indien nodig.) Dreineer op kombuispapier, geur met sout en bedek dit losweg met foelie om warm te bly. Gaan voort om die oorblywende hoender met meel te bedek en te braai.
    4. Terwyl die laaste klompie hoender braai, verhit die bone tot baie warm in ’n pan saam met die braai- en sojasouse.
    ELKE PORSIE: 2 640 kJ, 24 g vet (5 g versadigde vet), 59 g koolhidrate (16 g totale suiker). WENK: Jy kan die hoenderboudjies tot 5 uur vooraf braai. Laat afkoel, bedek en verkoel. Herverhit in die oond by 200 °C vir 20 minute tot borrelend warm.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief