×
Skakel na Engels

Die volmaakte brownies

  • 20 min
  • 35 min
  • 16
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 175 g ongesoute botter, gekap, plus ekstra om te smeer
  • 150 g donker sjokolade (70% kakao), gekap
  • 3 middelslag-eiers
  • 300 g strooisuiker
  • 75 g koekmeel
  • 40 g kakaopoeier
  • ’n knippie sout
  • versiersuiker, opsioneel, om oor te sprinkel

Resep Aanwysings

    1. Smelt die botter en sjokolade saam in ’n hittebestande bak bo-oor ’n kastrol water wat liggies prut. (Maak seker die bak raak nie aan die water nie.)
    2. Wanneer die mengsel gesmelt het en glad is, haal die bak van die hitte af en plaas eenkant om vir 20 minute af te koel.
    3. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige 20 cm-pan met bakpapier uit en smeer liggies.
    4. Gebruik ’n elektriese klitser en klits die eiers en suiker in ’n groot bak tot dik met ’n mousse-tekstuur – sowat 5 minute.
    5. Voeg die gesmelte en afgekoelde sjokolademengsel by die bak met die eiermengsel en vou dit met ’n groot metaallepel daarby in. Sif die meel, kakaopoeier en sout by en vou dit daarby in.
    6. Skraap die mengsel in die pan uit, maak dit gelyk en bak vir 30 minute of totdat dit nie meer wiebelrig is wanneer jy die pan liggies skud nie. Laat dit heeltemal in die pan afkoel voordat jy dit met versiersuiker besprinkel (indien verkies) en in blokkies sny.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 025 kJ, 3 g proteïen, 13 g vet (8 g versadigde vet), 28 g koolhidrate (25 g suiker), 0,9 g vesel.

    OM TE BÊRE: Draai dit dig in foelie toe of bêre in ’n lugdigte houer by kamertemperatuur vir tot ’n week.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief