×
Skakel na Engels

Die prinses van poedings

  • 30 min
  • 25 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE SPONSKOEK
  • olie, om te smeer
  • 75 g strooisuiker, plus 1 t
  • 50 g koekmeel, plus 1 t
  • 2 groot eiers
  • ¼ t vanielje-ekstrak
  • ½ t bakpoeier
VIR DIE VULSEL
  • 125 g frambose
  • 4 e konfyt sonder bygevoegde suiker
VIR DIE MERINGUE
  • 1 groot eierwit
  • 40 g strooisuiker

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer die bodem en kante van ’n ronde 4 cm x 20 cm-losboomkoekpan liggies met olie. Voer die bodem met bakpapier uit. Bestuif die kante van die pan eers met 1 e suiker (tik oortollige suiker af), gevolg deur 1 e meel (tik oortolige meel af).
    2. Vir die sponskoek, plaas die eiers, suiker en vanielje-ekstrak in 'n groot hittebestande bak oor ’n kastrol met water wat net effens prut en klits dit met ’n elektriese klitser vir 5 minute of tot lig van kleur en dik – die klitser moet ’n spoor op die oppervlak laat wanneer jy dit oplig. Verwyder die bak van die hitte en klits vir nog 5 minute tot koel. Was die klitser.
    3. Sif die meel en bakpoeier by en vou dit met ’n metaallepel in – probeer soveel moontlik volume behou. Giet in die voorbereide pan en kantel dit effens om die beslag eweredig te versprei. Bak vir 10 tot 12 minute of tot gerys en ferm. Haal uit die oond uit en plaas dit met pan en al op ’n draadrak. (Die koek sal van die rande begin wegtrek.)
    4. Meng intussen die frambose en konfyt liggies in ’n middelslagbak. Plaas eenkant. Klits die eierwitte in ’n skoon, nie-vetterige middelslagbak met die skoon elektriese klitser tot styf, maar nie droog nie. Voeg die strooisuiker geleidelik by en klits ná elke byvoeging totdat stywe punte vorm. Klits tot dik en glansend. Skep in ’n versiersak met ’n 1 cm-sterpunt.
    5. Voorverhit die oondrooster tot medium. Skep die framboosmengsel op die sponskoek (nog in die pan) en laat ’n 5 cm-buiterand oop. Spuit meringuetorinkies op dié oop rand. Rooster vir 2 minute tot goudbruin.
    6. Laat vir 10 minute in die pan op ’n draadrak afkoel. Gebruik ’n paletmes om die koek van die pan se rande los te maak. Plaas op ’n koekstaander en verwyder die bakpapier. Sit dadelik voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 520 kJ, 3 g proteïen, 2 g vet (1 g versadig), 24 g koolhidrate (19 g totale suiker), 1 g vesel.

    WERK VOORUIT: Berei tot aan die einde van stap 3 tot 4 uur vooraf. Voltooi vir opdiening.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief