×
Skakel na Engels

Delikate sponssoentjies

  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Delikate Sponssoentjies

Resep Bestanddele

  • 3 eiers, geskei
  • ⅓ k strooisuiker
  • ⅓ k bruismeel
  • 200 ml dik room of slagroom
  • konfyt van jou keuse
  • versiersuiker, om oor te sif

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Bestuif mildelik met versiersuiker.
    2. Plaas die eierwitte in ’n skoon vlekvryestaalbak. Klits dit vir 30 sekondes met ’n handmenger voordat jy die strooisuiker stadig en bietjie vir bietjie byvoeg. Jy wil hê dit moet blinkwit en donsig lyk, soos wanneer jy meringue maak.
    3. Voeg die eiergele by die eierwit-en-strooisuikermengsel. Roer tot net gemeng, nie ’n sekonde langer nie.
    4. Sif genoeg meel oor om die eiermengsel te bedek, en vou dan die orige (gesifte) meel geleidelik in.
    5. Skep die beslag in hopies ’n entjie uitmekaar op die bakplaat; elke skeppie sowat 1 e vol. (Hou in gedagte dat die koekies sal uitsprei.)
    6. Bak dit vir 2 tot 6 minute. Hou dit fyn dop, want jy wil hê dit moet rys en ’n bietjie kleur kry, maar nie bruin raak nie.
    7. Los dit vir 5 minute op die bakplaat voordat jy dit op ’n afkoelrak pak. Jy kan dit in dié stadium in ’n lugdigte houer bêre totdat jy gereed is om dit voor te sit.
    8. Vir opdiening, smeer konfyt op een kant van die koekie en skep ’n bietjie room bo-op. Plaas dan nog ’n koekie bo-op en sif versiersuiker bo-oor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief