×
Skakel na Engels

Crostini met geroosterde tamaties & ricotta

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Crostini met geroosterde tamaties & ricotta

Resep Bestanddele

  • Baguette of ciabatta

  • Olyfolie

  • Babatamaties

  • Ricottakaas

  • Seesoet

  • Vars tiemie

Resep Aanwysings

    1. Sny ’n baguette of ciabatta, verf die snye met olyfolie en braai dit aan weerskante op die braairooster. Haal dit van die rooster af en hou eenkant.

    2. Meng babatamaties en olyfolie in ’n bak en plaas dit in ’n draadmandjie op die braairooster. Sodra die tamaties begin sis en oopbars, verwyder dit van die vlamme en skep dit terug in die olie. Geur die tamaties en skud dit behoorlik in die bak. (Die sous moet met die olyfolie emulsifiseer.)

    3. Smeer ricottakaas op die brood. (Roomkaas werk ook goed.)

    4. Nooi jou gaste om sommer self tamaties op hul crostini te skep, of jy kan opskep.

    5. Geur met seesoet en sprinkel vars tiemie oor.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief