×
Skakel na Engels

Cioppino

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 3 e olie
  • 1 middelslag-ui
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap,
  • ½ t sout
  • 800 g geblikte gekapte tamaties
  • 480 ml visaftreksel
  • 2 e botter
  • 450 g garnale, doppe verwyder en skoongemaak
  • 900 g gewaste mossels
  • 450 g stokvisfilette, grate verwyder en in groot stukke gesny

 

Resep Aanwysings

    1. Verhit 3 e olie in ’n 7 ℓ- tot 8 ℓ-kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, knoffelhuisies en sout by en roerbraai vir 8 minute. Voeg die tamaties, visaftreksel en botter by. Verhit op hoog totdat dit prut.
    2. Voeg die garnale, mossels en stokvisfilette by. Sit die deksel op en laat vir 10 tot 12 minute prut of totdat die meeste van die mossels oopgegaan het.
    3. Gooi enige mossels weg wat nog toe is. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit voor in bakkies saam met growwe brood.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 240 kJ, 31 g proteïen, 14 g koolhidrate, 13 g vet (4 g versadig), 3 g vesel, 980 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief