×
Skakel na Engels

Chorizobola

  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Pampoenkoekies

Resep Bestanddele

  • 1 k sonneblomolie
  • 1 k melk
  • 5 eiers (of 1 k heel eiers)
  • 3 k koekmeel
  • 1 opgehoopte eetlepel bakpoeier
  • 1 chorizo
  • 2 fetaskywe, in blokkies gesny
  • ½ k ontpitte olywe
  • 5 Peppadews, gekap
  • sout en peper, na smaak
  • balsamiese asyn, om te bedruip

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Klits die olie, melk en eiers in ’n bak saam totdat dit lig van kleur is.
    3. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg dit geleidelik by die melk-en-eiermengsel.
    4. Sny die chorizo in happiegrootte stukkies en voeg dit saam met die feta, olywe en Peppadews by die deeg. Voeg sout en peper by en meng die deeg liggies.
    5. Skep dit in ’n gesmeerde koekpan en bak vir 30 minute.
    6. Wanneer dit afgekoel het, keer dit uit die koekpan en bedruip met balsamiese asyn.
    WENK: Moenie die balsamiese asyn uitlaat nie – dit gee ’n soetsuur smaak en help om die bola klam te hou.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief